Abstract: Behalwe die koronapandemie is daar ’n ander pandemie wat Suid-Afrika al baie lank en nou toenemend teister en lamlê. Dit is die virus van korrupsie wat skynbaar onstuitbaar voortwoed op elke denkbare vlak en terrein. Die jongste en mees immorele voorkoms van hierdie virus is die miljoene rande wat vir die bekamping en bestryding van die koronavirus en die gevolge daarvan (ekonomies, ens.) bestem was, en nou deur korrupsie in die sakke van gewetenlose mense beland het. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:J.H. (Johan) Jordaan Abstract: Die Here se seën is onontbeerlik. Hierdie besef het die afgelope maande ingesink. Weens die verbod op eredienste het ons die ontvangs van die seën tydens die lewende ontmoeting met die Here ontbeer. Tydens die virtuele eredienste het ons tog beide die groetseën en die wegstuurseën ontvang. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Abstract: In Beeld van 8 Augustus 2020 het ’n artikel verskyn oor ’n saak wat vir ons as Christengelowiges verreikende implikasies kan inhou. Die artikel is geskryf deur Nadene Badenhorst en Daniela Ellerbeck, verbonde aan “Freedom of religion, South Africa”, en handel oor die Parlement se wysigingswetsontwerp op die Wet op Burgerlike Verbintenisse.
In die artikel word onder andere die volgende gesê: “Die effek van dié wetsontwerp is om alle staatshuweliksamptenare regtens te verplig om selfdegeslaghuwelike te voltrek – selfs as hulle ’n geloofs- of gewetensbeswaar in die verband sou hê.” Die artikel stel verder: “Die wetsontwerp, wat art. 6 van die Wet op Burgerlike Verbintenisse (met ander woorde die gewetensbeswaar-klousule) herroep, raak alle staatshuweliksamptenare in diens van die Departement van Binnelandse Sake, landdroste en ander amptenare wat uit die aard van hulle amp outomaties huweliksamptenare is.” PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:J.M. (Koos) Vorster Abstract: In die vroeë gereformeerde tradisie het mense gepraat van die amp van die gelowige. Daarmee het hulle gewys op die rol wat elke gelowige in die samelewing moet speel. Die bediening in die kerk, onder leiding van die drie ampte van die bedienaar van die Woord, die ouderling en die diaken is immers bestem om gelowiges toe te rus om hulle amp as gelowiges in die samelewing uit te oefen. Later is die woord “amp” vervang met “diens”. Ons praat deesdae van die dienste (predikant, ouderling en diaken) en die diens van die gelowige in die samelewing. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:J. (Johannes) Smit Abstract: Die beroeping van ’n bedienaar van die Woord berus op drie beginsels, naamlik die roeping deur Christus, die vryheid van die gelowiges wat nie ontken of buite-om die Woord ingeperk mag word nie, en die verantwoordelikheid van die kerkraad om die leiding met die beroeping te neem. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:A.H. (André) Grové Abstract: Is die Covid-19 pandemie slegte of goeie nuus' Dit hang af hoe jy daarna kyk. As jy sien hoeveel mense siek is en sterf, hoe nadelig dit die ekonomie raak, hoe mense hulle werk verloor, hoe die siekte oor byna elke land in die wêreld versprei het, hoe onbeholpe die mediese wetenskap (tot op hede) is om dié siekte die hoof te bied, hoe ongemaklik die inperking is – dan is dit inderdaad slegte nuus. Sommer baie slegte nuus! PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:S.J.B. (Hannes) Lee Abstract: Dit is die Geref. Kerk Messina se verantwoordelikheid, maar ook groot voorreg, om die taak te hê om Gereformeerde gemeentes in Zimbabwe te kan bedien. Tans bedien ons Bulawayo en omstreke, wat 'n wyk van die Geref. Kerk Messina is, as ook Chinhoyi, wat 'n selfstandige gemeente is en lidmate in Harare insluit. Ons taak is om die Woord te bedien by eredienste, huisbesoeke te doen en diakonale hulp aan lidmate te bied. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Authors:H.P.M. (Malan) van Rhyn; P.W. (Pieter) Kurpershoek Abstract: In die geskiedenis sal 2020 as die COVID-19 jaar bekendstaan. Die verspreiding van die virus, die gevolglike gesondheids-, sosiale en ekonomiese impak, en veral ons as mense se reaksie op die pandemie, het weer gewys hoe belangrik die evangelie van Jesus Christus vir ons wêreld is. PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Abstract: Doodsberigte Simpatiebetuiging aan … In memoriam Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore met hulle verjaardae in September Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti/emerituseggenotes/-weduwees met hulle verjaardae in September PubDate: 2020-09-01T00:00:00Z
Abstract: Ons leef nou reeds vir maande in die greep van die korona-pandemie wat wêreldwyd woed. Die pandemie het nie net reeds duisende lewens geëis nie, en bedreig nie net elke dag steeds duisende meer lewens nie. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:Peet J. van der Walt Abstract: In ons teksverse word gepraat oor die belangrikste wete wat elke kind van God moet hê. Van hierdie wete hang jou lewe af. Ten diepste gaan hierdie wete oor die doel van jou lewe. Hierdie wete sê aan jou dat God ’n plan het met jou lewe. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Abstract: Die Covid 19-pandemie begin sy tol eis, en dit is volgens alle voorspellings nog nie naby die einde nie. Volgens “kenners” lê die piek, ook vir ons in Suid-Afrika, nog voor. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:H (Hennie) Goede Abstract: Wat beteken dit om my medemens lief te hê soos myself' Om my medemens lief te hê soos myself, is een van die pilare van die Christelike geloof. Trouens, ons Here Jesus verklaar dat dit die tweede gebod is, maar tog gelyk staan met die eerste: jy moet die Here jou God liefhê. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:G.J. (Gerard) Meijer Abstract: Uit die kort historiese oorsig is dit duidelik dat dit nie eenvoudig is om te praat van een enkele stem van Potchefstroom nie. Daar is talle stemsoorte hoorbaar. Hier en daar bes moontlik ’n vals stem, of ten minste ’n vals noot. Nietemin is daar gepoog om vanuit die CHO-beginsel sake eerlik te stel. Gedurende die laaste 20 jaar van die 20ste eeu het die “Stem van Potchefstroom” hoorbaar geword deur verskeie mondstukke: REBSA (Reformatoriese Beweging van Suider-Afrika), Woord en Daad, IRS (Instituut vir Reformatoriese Studies). En toe breek die 21ste eeu aan. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:J. (Johannes) Smit Abstract: Huldrych Zwingli het die beginsel van die roeping en beroeping van ’n bedienaar van die Woord in die hervormers se stryd teen die Anabaptiste geformuleer. Laasgenoemde was van mening dat enige persoon hom die diens van die Woord kan toe-eien. Die hervormers het egter die beginsel gestel dat Jesus Christus mense tot sy diens roep, hulle vir die diens bekwaam, en dat die roeping deur medegelowiges herken word. Wanneer die innerlike roeping herken en deur die uiterlike roeping (beroeping) bevestig word, kan ’n persoon seker wees dat Christus hom tot die diens roep. Vir eiegeregtigheid en persoonlike toe-eiening van die diens was daar in die beskouing van die hervormers geen ruimte nie. Daarmee is die probleem wat die hervormers met die Rooms-Katolieke Kerk se beskouing van die diens gehad het, egter nog nie aangespreek nie. Die vraag is: Wat was die hervormers se probleem met die Rooms-Katolieke Kerk se “aanstelling” van ampsdraers, en watter Skrifbeginsels het hulle teenoor die gebruik van die Rooms-Katolieke Kerk gestel' PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:Cecilia Kruger; Cassie Aucamp Abstract: Feitlik die heel eerste woorde van die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika lui: Ons huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het; Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en Glo dat Suid- Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Authors:Cassie Aucamp Abstract: Wat ’n genade! Ons het my boesemvriend en swaer Ben Fourie al so dikwels in ’n kritieke toe stand in ’n intensiewe sorgeenheid besoek. Pype, asemtoestelle, die laaste keer selfs ’n ventilator. So amper kon hy toe gegaan het. Ag, nou amper 11 jaar gelede, die aand met die 2009-Partikuliere Sinode juis in Kameeldrift se kerkgebou, met mond-tot-mond asemhaling om die hospitaal te haal. Maar sy Vader wat Hom in sy diens geroep het, het dit so beskik dat sy dienskneg Barend Christiaan Greyling Fourie besig was met dit waarvoor hy die liefste was ... besig met ’n Bybelstudie uit 1 Johannes toe hy agter sy lessenaar hierdie lewe getroos maar ook werkend verlaat het. Die reuse aneurisme waarmee hy die afgelope jare soos ’n tydbom saamgeleef het, moes gebars het. En simbolies van sy hele bediening van 34 jaar: Susan aan die ander kant van die lessenaar, sy steunpilaar en sy metgesel, besig om sy Bybelstudie te proeflees. PubDate: 2020-08-01T00:00:00Z
Abstract: Doodsberigte Simpatiebetuiging aan … Gelukwense aan … Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore met hulle verjaardae in Augustus Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti/emerituseggenotes/-weduwees met hulle verjaardae in Augustus
Abstract: Die dood is elke dag met ons. In Psalm 89:17 (berymd) sing ons: “Wie leef daar wat die dood nie eenmaal sal aanskou nie' Geeneen wat teen die mag sy lewe kan behou nie.”
Daar is egter onder mense uiteenlopende benaderings of houdings ten opsigte van die dood. Sommige dink nooit daaroor nie. Hulle is miskien gesond en welaf en gelukkig, en daarom leef hulle asof hulle vir altyd sal leef. Ander vermy die gedagte aan die dood doelbewus. Nog ander beskou die dood as natuurlik, die logiese en noodwendige einde van die lewe. Soos enige dier doodgaan, gaan die mens ook een of ander tyd dood.
Ongeag enigiemand se houding van die dood, het die koronavirus skielik die moontlikheid en die werklikheid van die dood op elke mens se lewensagenda geplaas. PubDate: 2020-07-01T00:00:00Z
Authors:M.P. (Pieter) Harris Abstract: Die evangelie begin reeds op die heel eerste bladsy in die Bybel: “En daar was lig.” Soos ’n jubelkreet breek dit deur: “En daar was lig.” Lig is immers die eerste voorwaarde vir lewe op aarde – sonder lig kan daar nie lewe wees nie. Dis God wat hier skeppend en ook lewendmakend besig is met ons wêreld. Alles verloop volgens sy vooropgesette skeppingsplan. Eers het God lig geskep – en daarna lewe. PubDate: 2020-07-01T00:00:00Z
Abstract: ’n Mens bid vir sake en mense wat vir jou belangrik is, wat jou na aan die hart lê, wat vir jou prioriteite is in jou lewe. Is die wederkoms van Christus nog een van die sake' Waarom kry ons dan die indruk dat baie mense nooit meer bid om die wederkoms nie' PubDate: 2020-07-01T00:00:00Z